Tag Archives: Kroeskop

Kroeskop

​Vrou, djy deal met só baie. 

Ek weet want ek gie jou baie om mee te deal.

Djy is soos ‘n Sjerpa. 

Terwyl ek my hele moer af sukkel om die berg te klim is djy daar. 

Djy dra my sakke en maak dit alles makliker vir my. 

Maar jy doen als so effortless dat ek’ie eers besef djy’s daar nie. 

Joh, djy is mos kwaai man. 

Ek vra myself die hele tyd. 

Hoe het ek dan soe lucky geraak om vir jou te kan gekry het?

Hoe man? Hoe? 

Djy is dan alles wat ek ooit kan need. 

As ek siek is, jy is daar. 

As ek honger is, jirrie veral as ek blerrie honger is dan kan ek net vir jou roep. 

Djy weet net hoe om jou ding te doen. 

Ek kan amper sê djy is a spesialis. 

My eie kroeskop spesialis. 

Dai klink nogal befok vir my. 
Wiet jy wat? 

Ek dink djy is die heel beste. 

Ek worry nie van die watse celebrity couples’ie. 

Naai man. 

Hulle kan loop kak. 

Dai girls het niks op jou nie. 

Hulle kan nie doen wat my kroeskop spesialis doen nie. 

Djy is een in ‘n miljoen. 

In fact, djy is ‘n miljoen in een, want nie ‘n miljoen van hulle is werd een van jou nie. 

by BK TheRealist