Op September 20 2021 het Terror MC ons almal geskok toe hy laat weet dat hy gediagnoseer is met Hodgins Lymphoma.
Met die nuus, het hy ook besluit om nie langer te wag om sy nuwe musiek vry te stel nie en “Is jy ready”, was Maandag vrygestel. Dis mos immers hoe elke week moet begin.
Ja, julle het reg gelees, Terror MC, een van die mees hard werkende MC’s in die land, is trug met dai Boombap waarvoor hy bekend is.
Ek wil eintlik net ‘n voicenote record en skree, “The Real is Back”, dan als net daar los en die track speel.

Nadat ek die track ‘n paar keer geluister het kan ek glad nie help om vir myself te sing, “Is jy wakker? Kykie bru, is jy wakker.” Al het ek al lankal die track gestop.
Die beat is gemaak deur Terror MC en is tuff soes original Wilson bloks. Ja, die man is soos ‘n one-stop restaurant. Hy kry ingredients, kook it en as hy sien dis reg dan is hy sommer die waiter wat die community serve met Dai Hip-Hop. See what I did there?
Die flow is dai classic Terror MC style wat ek like want dit remind my dat “real” rap nog nie by stage left ge-exit het nie. Terror MC los jou as luisteraar ook met questions, maar hy deel valuable info veral vir die jeug. Jy kan duidelik hoor die is nie lerieke wat net stories is nie, die is experience en advice. “Is jy ready vir die force wat jou gaan awaken?”
Is jy ready?
Ek onthou Terror het altyd gepraat van edutainment, want dit baat mos nie jy maak klomp musiek wat niks sê nie. Jou rol as ‘n MC of artist is nie net om mense te entertain nie. So nou en dan moet jy darem kan educate ook, en dis waar Terror MC in ‘n league van sy eie is.
So, my view van Terror MC? Ek sal vir Blaklez moet quote.
“I’m real dope, you’re just an addiction to painkillers”
You must be logged in to post a comment.