Niks beweeg nie, my hart hardloop asof dit wil weghardloop.
Trane begin te vloei en ek begin glimlag. Ek is dankbaar!
Ek haal asem as of dit die laaste keer is! In ‘n wêreld waar mens aan soeveel dinge moet dink voor jy by jou huis kan uit stap… is ek net dankbaar vir klein dinge.
Asem , ń glimlag en nog ń kans om op te staan in die oggend.
Die Here ken my hart en hoor my gebede.
My glimlag is ń simbool van hoe dankbaar ek is.
My geloof word nie in die donker tye verswak nie, maar versterk met die wete dat dit ń seisoen is en my glimlag weer sal terugkeer.
My glimlag is ń simbool van hoe dankbaar ek is.